Sunday, 4 October 2015

Mavis banned on Facebook. Fuck you very much.



Shortly after being spotted with high heels at the after party of Applauz Arts Initiative's "Adam Small BeJazzed", I was banned on Facebook. Facebook, please read my lips: I don't give a thang. And fuck you very much. Now you just fed the gremlin some water.


Wednesday, 23 September 2015

Dominic en Mavis se zip

Diary Entry: DOMINIC EN MY CRECHE SKIRT SE ZIP...
Innie 1980s was coloured crèches baie different as nou. My ouma het my altyd voor 07h00 by die Belhar Coloured Creche gaan aflaai; dan kry ons pap, en moes dan heeldag slaap. Dan was ons skielik wakker gemaak, het ons ‘n appel gekry, koortjies gesing, vir Heksie op radio geluister - en dan weer gaan slaap tot my ouma kom. Elke fokken dag.
My matras by die crèche was altyd oorkant ‘n klonkie, Dominic Paulsen sinne. Ek onthou hoe Dominic my gehelp het om my Jewish-krimpelien skirt agter vas te maak as ek vannie toilet afkom. Ou crèche juffrouens was net kak en het mens nooit gehelp nie, en ek het selfs al ‘n paar keer geroep dat my pee loop, terwyl hulle oor Santa Barbara innie canteen sit en praat en fish-fingers vriet. EN vannie anne‘ dom coloured kinners kon nie foreign Seapoint Jewish skirt-zips vasgemaak het nie, en het heeldag lank geslaap. Dominic was al een wie ek altyd kon wakker maak. Jare lank het ek gewonder wat het van Dominic geword het!

Vandag is Dominic ‘n successful actor. Hy het my vertel, hy het intussen obsese geword, en gaan sy storie by die Kaapse Festival vertel. Ek, Djoekie en Rouzie het tickets gekry. As van julle my wil join, order ma vroeg julle tickets.

Because why - the Lord works in mysterious ways– mens wiet nooit wie mens in die lewe wéé sal moet wakker maak, om 'n mense Jewish wolskirts (wat natgepis is) se zips los te maak nie.
Tot vanaand!
Mavie 


heart emoticon

Tuesday, 15 September 2015

Mavis hou 'n PANSA Patsy! And thank you!

Altyd gedink die mense innie Kaap is sturvy en vol-geite? 
Stiek Yt! Julle ammal is invited na Mavissie se héle PANSA Patsy! 

Because vanaf 25-27 September hettie Cape Flats en die hele Kaap TALENT! En dit begin two o’ clock die middag by die PANSA Studio innie Woodstock waar ons ‘n genuine Cape Flats Kaapse concert gan hou - in the heart of Fairyland! 

Die Performance Arts Network of Southern Africa (PANSA) het na 'n jaar van Cape Flats talent search, die creme of the crop vir 2015 gekry. Nuwe en reeds established artists gaan die opportunity gekry word om te network, en ook business people en artists te kan ontmoet.

Dit is die apex van die jaar en van my contestants gan ook daar wees! Van die finalists gan ook perform by die Cape Town Fringe Festival in die vorm van ‘n Variety show.

One warning: As djy rou en gesyp daar aankom, skop ek jou PERSONALLY yt, én dan maak ek nog once jou sleg!

Venue: 3B Beach Road, Woodstock [Green Building]
Tickets R80.00 (want dan het die meeste gepay)
Bookings : 0860 00 2004

Comment for more information !
M♥

PS: If you can't come, share or like at least. Want ek het seriously (after a tiring day's work by Dr Stander), oek ma julle love en kisses oek ma nodig! 





Sunday, 13 September 2015

Die slang en die Gangsters

Eks nou oppad kerk toe. Ek was vanoggend innie taxi besig om nog su lekker 'n brief vir Dr Stander te type dat ek die naweek nie su lekker voel nie, en lieweste môre afsiek moet vat! Toe ek opkyk toe sit die twee Lavis gangsters weerskante van my en kyk op my phone alles wat ek tik! Toe change ek my mind en begin tik!
“Liewe Sangoma,
Die slang wat jy vir my gegee het om in my bag te sit vir good luck willie stil sittie. Dit begin my nou baie problems innie taxi te gee, want ek kan voel hoe die slang net elke tyd wil uitpop. Ek is su bang dit spring uit en byt die twee gangsters wat langs my sit! Wat kan ek doen? Antwoord gou want anners kom hier groot kak!"
Jirre ek roer nog net so my nuwe sandshoes, toe wip hulle oor my, yt hulle seats en skree. "Oooooooh jirrrrreee! Maaaaaaammmmie! Die tief het 'n slang in ha bag! Sy's 'n vuilgat!" Die anne eene (wat ek gedink het is ‘n Lavis-coloured) skree in Xhosa yt sy keelgat yt ek hoor net "u-beach, u-beach".
Jissis, nou moet ek wee' blerrie-wil wag virrie taxi om vol te raak! But- nou kan ek at least meer space vir my legs kry om vir Dr Stander 'n regte mail te stuur. Sug!



Throwback Easter: Colouredmans en Easter Eggs

Vroeër vanmiddag sit ek op Kaapstasie en wag virrie Lavistown-trein. Dit was ‘n lang dag by my werkgewer, Dr Stander se mansion waar ek omtrent moes spring-clean het virrie Easter. 

Terwyl ek oppie platform sit en koortjies vir ons kooroefening in my kop rehearse, groet ‘n middeljare coloured man vir my en begin te gesels. En die man geséls en geséls in sy kak Engels. Na 10minute toe begin ek al fokken dik raak vannie man. Skielik haal die man sy tablet uit, en vertel hoe hy “Carl Girls can google” en “Its so difficult to understand technologies”.

Toe die Metrorail-vrou met ha' koekstem eers met haar "Your train is delayed and we apologize for the inconvenience caused"-kak oorie interkom begin...toé kan ekkittie mee' vattie...en toe begin ek irritable te word terwyl die man in sy met sy tablet en kak voortbabbel!

Coloured man: Whats your name?
Mavis: My name? Sue-Ellen von Diamondhausen.
Coloured man: “Are you on whatsapp?”
Mavis: “No.”
Coloured man: “Do you have a tablet?”
Mavis: “No”
Coloured man: “Do you have a phone?”
Mavis: “No”.
Coloured man: “Do you have …?”
Mavis: “No.”
Coloured man: “Jirre Fok, nou wat de fok het djy dan!!!?”
Mavis: “My po*s! Ek hét my po*s! Kan djy met jou tablet  f*kken-wil sién ek is biesag om koortjies virrie Jirre te rehearse?”.

Toe stappie man skel-skel na ‘n anne’ platform, en mompel iets vanne “sturvy tief”. Ek mean ma – WAT ISSIT met mal coloured middle-aged ouens, wat smartphones en tablets het, ma fokkol tanne nie? Hulle kan mossie vi MY disturb as ek MY "Easter sôngs" wil memorise nie! Ek mean ma':  As die man dan su kwai is om met duur tablets en gadgets op stasies te pous, dan KAN mos vi hom 'n paa' tanne gan google!




Mavis vannie Lavis is Online én sy Love 'it!



Ek was so excited toe ek inlog, want nou kan al my vriende en fans méér omtrent my én my Kaapse adventures lees, sonder dat ons op enige Kleinvallei Diva se tone hoef te trap!

Dit was vroeg in 1999 dat ek al daaraan begin dink om my eie blog te begin. Maar die colours in daai jare was so vaal en unCapeFlats-like … dat enigiemand vannie Lavis nooit eers in sulke dreary colours online gesien sou wou word nie! Maar hier is ek nou!


Na ‘n very unsuccessful interview in the Navy, én as aspirant coloured journalist by De Kat magazine – het ek deur die jare soveel amazing vriende online ontmoet. Dis daarom dat ek besluit het dat ons stories anyway more exciting is as die Navy en De Kat of Huilgenoot sin. 

So, dié blog gaan oor ek en my vriende: van die plekke waar ons travel, die goed wat ons encounter én die plekke waar ons éét en shop.

En nét soos ek altyd goed voel as ek gesteelde organic foods eet, so moet ons ook voel as ons worthy causes support. Ek gaan oor alles skryf! Oor die wel en weë van coloureds, swartes, boere, foreigners en somma ammal.

So stay tuned: Want die blog gan ruk!

Blogging Love
Mx