Ek was so excited toe ek inlog, want nou kan al my vriende en fans méér omtrent my én my Kaapse adventures lees, sonder dat ons op enige Kleinvallei Diva se tone hoef te trap!
Dit was vroeg in 1999 dat ek al daaraan begin dink om my eie blog te begin. Maar die colours in daai jare was so vaal en unCapeFlats-like … dat enigiemand vannie Lavis nooit eers in sulke dreary colours online gesien sou wou word nie! Maar hier is ek nou!
Na ‘n very unsuccessful interview in the Navy, én as aspirant coloured journalist by De Kat magazine – het ek deur die jare soveel amazing vriende online ontmoet. Dis daarom dat ek besluit het dat ons stories anyway more exciting is as die Navy en De Kat of Huilgenoot sin.
So, dié blog gaan oor ek en my vriende: van die plekke waar ons travel, die goed wat ons encounter én die plekke waar ons éét en shop.
So, dié blog gaan oor ek en my vriende: van die plekke waar ons travel, die goed wat ons encounter én die plekke waar ons éét en shop.
En nét soos ek altyd goed voel as ek gesteelde organic foods eet, so moet ons ook voel as ons worthy causes support. Ek gaan oor alles skryf! Oor die wel en weë van coloureds, swartes, boere, foreigners en somma ammal.
So stay tuned: Want die blog gan ruk!
Blogging Love
Mx
Ek sien uit Mavis :)! Niks en niemand sé doen en late moet onner die emmer weggesteek word nie (dis waar ons die talente bêre vir 'n better tomorrow). Happy Writing your way into colored-HERstory
ReplyDeleteAnd I thank you!
ReplyDeleteColour our world Mavis!
ReplyDeleteEk sien baie uit daarna!
ReplyDelete