Diary Entry: DOMINIC EN MY CRECHE SKIRT SE ZIP...
Innie 1980s was coloured crèches baie different as nou. My ouma het my altyd voor 07h00 by die Belhar Coloured Creche gaan aflaai; dan kry ons pap, en moes dan heeldag slaap. Dan was ons skielik wakker gemaak, het ons ‘n appel gekry, koortjies gesing, vir Heksie op radio geluister - en dan weer gaan slaap tot my ouma kom. Elke fokken dag.
My matras by die crèche was altyd oorkant ‘n klonkie, Dominic Paulsen sinne. Ek onthou hoe Dominic my gehelp het om my Jewish-krimpelien skirt agter vas te maak as ek vannie toilet afkom. Ou crèche juffrouens was net kak en het mens nooit gehelp nie, en ek het selfs al ‘n paar keer geroep dat my pee loop, terwyl hulle oor Santa Barbara innie canteen sit en praat en fish-fingers vriet. EN vannie anne‘ dom coloured kinners kon nie foreign Seapoint Jewish skirt-zips vasgemaak het nie, en het heeldag lank geslaap. Dominic was al een wie ek altyd kon wakker maak. Jare lank het ek gewonder wat het van Dominic geword het!
Vandag is Dominic ‘n successful actor. Hy het my vertel, hy het intussen obsese geword, en gaan sy storie by die Kaapse Festival vertel. Ek, Djoekie en Rouzie het tickets gekry. As van julle my wil join, order ma vroeg julle tickets.
Because why - the Lord works in mysterious ways– mens wiet nooit wie mens in die lewe wéé sal moet wakker maak, om 'n mense Jewish wolskirts (wat natgepis is) se zips los te maak nie.
Tot vanaand!
Mavie
Mavie
heart emoticon
No comments:
Post a Comment